Pablo Software Solutions
Copyright © . All rights reserved.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.
Baälpriesters en Valse priesters in die Christendom :Website Builder
Inhoud :Insetsel deur Woordverwerker :Hoofstuk 1 :Hoofstuk 2 :Hoofstuk 3 :Hoofstuk 4 :Hoofstuk 5 :Hoofstuk 6 :Hoofstuk 7 :Hoofstuk 8 :Hoofstuk 9 :Hoofstuk 10 :Hoofstuk 11 :Hoofstuk 12 :Hoofstuk 13 :Hoofstuk 14 :Hoofstuk 15 :Hoofstuk 16 :Hoofstuk 17 :Hoofstuk 18 :Hoofstuk 19 :Hoofstuk 20 :Hoofstuk 21 :Hoofstuk 22 :Hoofstuk 23 :Hoofstuk 24 :Hoofstuk 25 :Hoofstuk 26 :Boeke
1> Die Koninkryk van die hemele :2> Die Koninkryk van die hemele sal op aarde wees :3> Koning YaHshua word ook genoem David :4> Koninkryk van hemele net vir Israel alleen :5> Vreemdes en uitlanders mag nie heers oor Israeliete :6> Die uitgeputte aarde sal weer vrugbaar :7> Koninkryk soos volksraad stelsel
Hoofstuk 26 Vreemdes en uitlanders mag nie heers oor Israeliete

VREEMDES EN UITLANDERS MAG NIE HEERS OOR ISRAELIETE

Dit is nou die Koninkryk van die hemele waaroor dié profesieë gaan; hoe gaan dit nou, onder die koninkryk van die bose? Die misdadigers, goddeloses, rowers, wreedaards, skelms, aanranders en moordenaars, die dienaars van die Bose, kry gewoonlik in al die regsake, al die simpatie en bejammering van die publiek onder invloed van die media as hulle teregstaan: Maar die lydende partye, die wat skade en beserings gely en gedood is, word kwalik na gekyk of bejammer. In die koninkryk van die hemele sal dit nie so wees nie, wanneer Hy en sy volk die oordeel moet vel nie. Ons lees in die Nuwe Testament: "Durf iemand van julle (Israeliete) wat 'n saak teen 'n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges (nie Israeliete) en nie voor die heiliges nie? (dit is die afgesonderdes met ander woorde Israeliete). Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? (In die koninkryk saam met Hom). En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? (Daarom moet sy volk nie 'n gebrek aan kennis hê nie; en ook suiwer Adamiete bly om die volle "asem van die lewe" te behou). Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges? Of weet julle nie dat die onregverdiges, die koninkryk van Yahweh nie sal beërwe nie." 1 Korinthiërs 6:1-3, 6 en 9. (Lees die hele stuk). Volgens die wette van Yahweh, mag nie-Israeliete, nie Israeliete oordeel nie en ook nie oor hulle heers nie: "As jy kom in die land wat die Here jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is, dan moet jy sekerlik 'n koning oor jou aanstel wat die Here sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy 'n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie". Deuteronómium 17:14-15. Moses sê: "'n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die Here vir jou verwek; na Hom moet julle luister". Yahweh sê aan Moses by Horeb: "'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel" Deuteronómium 18:15 en 18. (Is die Vader en die Seun een?). Dit wys ons dat nie eers Yahshua by die bepalinge van die wette van die Vader verby sal kom nie. Wat nog te sê van sy volk; en nie eers te praat van al die buitestaanders en ander rasse nie? "En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?" 1 Petrus 4:18. Wat gaan word van al die miljoene Israeliete wat saam met die teoloë agter die wêreld invloede aan hoereer en van Yahweh af wegdwaal en met ander rasse vermeng omdat hulle die leuens glo dat daar niks skriftuurliks bestaan wat gemengde huwelike verbied nie? Maar hoe wonderlik is hierdie woorde van Yahweh nie vir sy volk Israel nie, om te weet dat hulle almal deur die verkiesing van Abraham en Sarah en in die saad van Isak, almal een saadlyn in dieselfde bloed, eie familie is van mekaar as eie broers en susters en ook van Yahshua? "So het Hy met geen ander nasie in die wêreld gemaak nie". Deuteronómium 7:6, Amos 3:2 en nog baie ander. Dit is hoe almal "in die bloed van Christus" is; dit het niks met gelowigheid of geestelikheid te doen nie: Die hele Bybel getuig daarvan en bewys dit: Lees dit tog maar net. Hoe kan Israeliete ontrou hieraan wees? Hulle kan tog net Israeliete wees solank as hulle getrou bly aan die verbond en hul bloed suiwer hou. En hoe kan mens dié verstaan wat kwaad word as dit vir hulle gesê word dat hulle Israeliete is, omdat hulle die leuens glo dat die Israeliete nie meer bestaan nie?

En hoe wonderlik sal dié koninkryk nie wees onder die heerskappy van die Messias nie: "En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees. Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en 'n klein seuntjie sal hulle aanja. Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; en die suigeling speel by die gat van 'n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van 'n basilisk. Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek. (Dit wys weer na baie meer kennis as nou, van 'n verheerlikte liggaam: Brein en verhoogde verstand om bekwaam te wees).

En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees. "... en Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is uit die vier hoeke van die aarde". Jesaja 11:1-12. Die opskrif bo-aan die hoofstuk lees: "Die voorspoedige regering van die Messias". Wie glo ons? Die Bybel of die leraars? En wat van al die diere in hierdie teks? Sal hulle almal in die hemel wees? Die regering van die Messias is mos die koninkryk van die hemele. Gaan die adder en die basilisk ook in die hemel wees? Of lieg die woord van die leraars? Glo ons hulle, of glo ons die geskrewe woord van Yahweh?

Ons verlang seker nie meer getuienis as al hierdie bewyse dat die koninkryk van die hemele op aarde sal wees nie? Moet ons dit nie glo nie en al die heerlike getuienis van Yahweh verwerp? Of moet ons die woord van die leraars verwerp en Yahweh se woord aanneem? Ons kan tog nie al dié getuienis langs mekaar plaas en altwee gelyktydig glo nie; dit is onmoontlik. Een aspek is baie duidelik in die Bybel; dat die koninkryk van die hemele baie streng gaan wees teen misdadigers en wetsoortreders. Die Koning en sy volk saam sal regeer met die swaard en die Ysterstaf. En hulle sal hul wreek op hul teenstanders wat die huidige wêreldheersers en meelopers is: "Want met vuur en met sy swaard sal die Here strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die Here verslaan is, sal baie wees." Jesaja 66:16. Ook die Nuwe Testament bevestig dit: "En uit sy mond gaan daar 'n skerp swaard om die nasies(nie ongelowiges) daarmee te slaan; en Hy sal hulle met 'n ysterstaf regeer." Openbaring 19:15.

Om met 'n ysterstaf geslaan te word, is 'n bitter straf; en die swaard is bedoel om die misdadiger dood te maak. Dit is 'n onnosele en onregverdige en wreedaardige regering wat toelaat dat die misdadigers en wreedaards en moordenaars tussen die publiek kan rondloop en kwaaddoen en slegs geringe strawwe vir hulle misdade ontvang: En as hulle gevang word, dan is dit hulle wat bejammer word in plaas van die mense wat onder hulle misdade gely het. En as hulle tronkstraf opgelê word, dan is dit die eerlikes en die vredeliewendes wat die straf moet verduur om die belastings te betaal wat nodig is om die misdadigers in die tronke te hou. Die strawwe moet wees om geslaan te word en straf genoeg om hulle af te skrik. En as hulle nie hoor nie moet hulle doodgemaak word soos Yahweh vir ons sê. Wat help dit om daardie soort mense te laat leef wat geen deug het of van geen nut vir die volk en die wêreld is nie, maar net 'n oorlas en 'n hel vir eerlikes? Ons leer onder "Die regverdiging van die Here": "Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die Here nie". Jesaja 26:10.

In die Koninkryk van Yahweh sal die onregverdighede uitgeroei word: "Maar hoog sal die Here van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid." Jesaja 5:16."... En die Here alleen sal in dié dag verhewe wees". Jesaja 2:17. En wat sal dan word van die mense? "Die hoë oë van die mense sal verneder word; en die hoogheid van die manne neergebuig word; en die Here alleen sal in die dag verhewe wees". Jesaja 2:11-12. Hierin sal die Israeliete "oorkant die riviere van Kus", wat sy offerandes moet bring; waarskynlik in sy wens voldoen as Hy sê: "... en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie. En Ek sal tussen jou in laat oorbly 'n ellendige (armoedige) en geririge volk wat by die Naam van die Here skuiling soek". Sefánja 3:12-13. En Hy ken die wat by Hom skuiling soek. "En die plek van die Naam van die Here is anderkant die riviere van Kus". Jesaja 18:7. 'n Groot deel van hierdie volk sal ongetwyfeld getrou aan Hom, sy oorloë voer in sy Naam teen sy vyande; en saam met al die ander Israeliete sal hulle sonder twyfel oorwin onder sy almag saam met Hom; en dan saam met Hom heers. Dit sal die wonderlikste koninkryk wees wat nog ooit op aarde gesien is, 'n Super Koninkryk.

Hy sal wraakneem teen sy teenstanders; die Edomiete wat nou die wêreld heersers is: Teen hulle sê Hy: "Want die Here hou 'n dag van wraak, 'n jaar van vergelding." Jesaja 34:8. "En Ek sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die Here." Eségiël 25:14. Hulle is mos die wêreldheersers wat in hierdie dae bekend is as die Joodse Geldmag. Watter soete wraak sal dit nie wees vir die Israeliete nie? "Hoor - 'n rumoer uit die stad! Hoor - uit die tempel! Hoor - dit is Yahweh wat sy vyande hulle dade vergeld!" Jesaja 66:6. Sy vyande sal dus ook uit die tempel kom. Seker die valse profete wat in sy Naam leuens verkondig wat nie in die Bybel geskryf is nie.

Aan sy volk belowe Hy: "Maar hulle sal die Here hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek. (Dit is dus in die koninkryk van die hemele waarvan hier geskryf word; lees die hele hoofstuk). Daarom almal wat jou (Israel) opeet, sal opgeëet word; en al jou teenstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ék sal almal wat jou buitmaak oorgee as buit (aan Israel). En sy seuns sal wees soos in die voortyd (by Moses en later), en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers." Jesaja 30:9,16 en 20. Die vergadering is: Hy saam met die twaalf stamme.

Yahshua het vir die Edomiete, die geslag van Esau of slangsaad gesê: "Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Slange, addergeslag, hoe kan julle die oordeel van die hel ontvlug?" Matthéüs 12:34 en 23:33. Hy noem hulle dus slangsaad en baie slegte mense; en Hy sê vir sy volk: "Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is en handhaaf die reg in die poort". Amos. 5:15. En van die slegte en ontroue Israeliete sê Hy: "Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het 'n afsku van hom wat in opregtheid spreek". Amos 5:10.

Dit is mos in hierdie dae so: Die linkse boknasies en ook die ontroue Israeliete wat agter die ander stroom mense van die ander evangelie en die vervalste Bybels en die ander hemel en die valse koninkryk en kerkleer aan dwaal, haat mos die mense wat die regse Bybels gebruik en dit lees en glo soos dit geskryf is en daardeur oortuig is dat hulle Israeliete is; en die haat sal nog baie vermeerder namate die einde nader kom.

Dit kom daarop neer dat die valse profete en/of baälpriesters wat die volk van Yahweh ontken, ontken daarmee saam ook die hele godsplan van sy koninkryk en die volk wat Hy spesiaal vir dié doel gekies en geformeer en afgesonder het. Dit is dus laster teen die volk, die godsplan sowel as teen Yahweh self; en hulle loods 'n vyandigheid en aanval teen die volk en koninkryk en Yahweh. As hulle dus aangeval word deur die Israeliete dan is dit niks anders as teenaanval of verdediging nie. Die linkses en die Edomitiese bondgenote, selfs ook gedwaalde Israeliete saam met hulle, was nog al die duisende jare vyande teen Yahweh en sy suiwer blanke volk, as gevolg van die vyandskap wat deur Yahweh Self ingestel is in Génesis 3:15. Die stryd en haat sal voortduur tot by die laaste oorlog aan die einde.

Maar die baälpriesters ontken ook hierdie vyandskap. In die plek daarvan het hulle naasteliefde ingestel tussen die nasies wat Hy afgesonder het; en dié wat Hy haat omdat hulle slangsaad en onegte kinders is. Hulle sê almal sal in die Koninkryk in die hemel wees, afgesien van hulle onegte afkoms. Hier teenoor sê Hy aan die gedwaalde deel van sy volk deur sy profeet Maleági: "Julle vermoei die Here met julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei ons Hom? Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die Here, en in hulle het Hy 'n behae; of waar is anders die God van die reg?" Maleági 2:17. Hulle sê mos Hy is 'n God van liefde vir al die nasies van die wêreld, behalwe sy volk Israel oor wie die hele Bybel gaan; maar die volk self bestaan glo nie meer nie, so sê hulle, en haat dié wat sê hulle is Israeliete. Die slangsaad en almal wat verbrysel moet word volgens die woord van Yahweh, is glo nou volgens die mensgemaakte kerkreëls uitverkies om hemel toe te gaan, want Hy het hulle glo nou lief; en as Hy hulle nie lief het nie dan is Hy nie 'n regverdige God nie. Israel, sê hulle, is verwerp oor al hulle sondes omdat hulle agter die slangsaad en linkses aan gehoereer het, maar die gruwels van die linkse goddelose geslagte van Kain - Kánaän - Edom se sondes is glo vergewe in die bloed van Christus. Hulle wat die oorsaak van al die sondes van Israel was, is gewas deur sy bloed, maar nie Israel nie! Glo ons hulle? Of glo ons die Woord van Yahweh wat sê dat Hy sy volk sal vergewe as hulle na Hom terugkeer (bekeer); en in meer as 100 plekke sê Hy dat Hy die onegte geslagte gaan uitdelg en verbrysel? Wie glo ons? Deur die hele Bybel sê Yahweh vir ons dat net Israel alleen sy erfgename is en dat net hulle alleen die koninkryk van die hemele sal beërf. Dit is die koninkryk wat op aarde sal wees en kom in die plek van die vyfde koninkryk van die voete: Die huidige koninkryk.

Die Ou Testament sowel die Nuwe Testament bevestig deurgaans die herstel van Israel aan die einde en dat hulle voor dit verborge sal wees. Met ander woorde nie hulle self, of niemand anders, sal weet wie hulle is nie; so sal hulle verborge wees tot kort voor die einde; en dit is nou. Paulus sê aan hulle: "Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend: En dit is van my kant die verbond met hulle as Ek julle wegneem". Romeine 11:25-27. Jakob is Israel. Nie die kerk of gelowiges nïe, maar die volk Israel. En waarvan sal hulle verlos word? Een van hul grootste sondes is om saam met die wêreld verwonderd agter die rooidier aan te dwaal na links. Hulle sal van die rooidier wat die huidige wêreldheerser is, verlos word en gered word van totale vernietiging, soos dit beplan word deur dié wêreldheersers.

Die einde van die wêreld sal wees wanneer die wêreldkoninkryk van die rooidier van Openbaring 13 deur die laaste wêreldoorlog by Armageddon deur Yahshua self en die oorblyfsel van sy volk Israel saam met Hom beëindig gaan word. Hierdie oorlog sal dan die einde maak aan die wêreldkoninkryk van die Bose; maar dit sal ook die begin wees van die koninkryk van die Messias. Dit is waarvoor sy eerste koms was en dit is ook waarvoor sy tweede koms sal wees. Hy wat self God is het Self gesê: "Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel." Matthéüs 15:24. Die verlore skape van die huis van Israel is net die verlore tien stamme alleen en dit is sy Vader Yahweh wat Hom gestuur het. Hy sê dus hier dat Hy vir geen ander doel gestuur is nie.

Hoekom net vir die tien stamme? Omdat hulle 'n deel is van die volk wat sy vrou genoem word en hulle het die skeibrief gekry omdat hulle van Yahweh af weg gehoereer het agter die Kánaänitiese en Edomitiese basternasies aan. Jeremia 3:8. Maar Hy het beloof: "In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure weer toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd." Amos. 9:11. Dit word bevestig in die Nuwe Testament in Handelinge 15:16-17 deur sy apostels. Dit was nodig om dit te doen om al twaalf die stamme weer gereed te kry vir die doel van die koninkryk wat, soos Hyself gesê het, "naby gekom het." Matthéüs 10:7. Dit moes gedoen word om die hele godsplan soos deur die hele Bybel bevestig word in gereedheid te bring. Hy sê van die nuwe Jerusalem: "En dit het 'n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel." Openbaring 21:12. As die nuwe Jerusalem uit die bontkerk uit moet bestaan, watter twaalf bontes gaan dit wees? Of watter twaalf kerke uit al die duisende?

Wat van al die beloftes van die heerlike seëninge vir sy volk? Net nog een uit al die baie: "En die woord van die Here van die leërskare het gekom en gesê: So spreek die Here van die leërskare: Ek ywer met groot grimmigheid daarvoor. So sê die Here: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon(nie in die hemel); en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die Here van die leërskare: Die heilige berg. So sê die Here van die leërskare: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit - elkeen met 'n stok in sy hand vanweë die volheid van hulle dae. En die pleine van die stad sal vol wees van seuntjies en dogtertjies wat op die pleine daarvan speel. So sê die Here van die leërskare: As dit wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in dié dae, sal dit ook in My oë wonderbaar wees? spreek die Here van die leërskare. So sê die Here van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, in trou en geregtigheid." Sagaria 8:1-8.

Het Hy iewers 'n woord gespreek van 'n kerk en verbond van mense? Hy praat hier van dieselfde volk waarvan Hy dwarsdeur die Bybel praat en dieselfde koninkryk. En Hy sal terugkom en midde-in Jerusalem woon. En hiervandaan sal Hy en sy volk saam met Hom, heerskappy voer oor al die heerskappye en nasies op die wêreld. Hierdie hele hoofstuk wat saamgestel is uit die suiwer woord van Yahweh en volgens die hele woord van Yahweh dwarsdeur die hele Bybel is nie dieselfde God en dieselfde koninkryk en dieselfde leer en dieselfde hemel waarvan ons hoor sê: Dat Hy soos 'n dief in die nag sal kom en sy bruidskerk kom haal en dit na die hemel neem nie. Ons lees ook nie in die Bybel dat Yahshua soos 'n dief in die nag sal kom nie, maar dat die dag en die uur soos 'n dief in die nag sal kom omdat ons nie die tyd daarvan sal weet nie. 1 Thessalonicense 5:2 en 4, 2 Petrus 3:10 en Markus 13:32.

Die verskil is dat die koninkryk van die bruidskerk bestaan uit al die stamme en nasies en rasse; en al wat nodig is om opgeraap en weggeraap te word, of hemel toe te gaan, is net geloof. Dan word hulle gehaal voordat enige oorloë of verdrukking of benoudheid plaasvind; en hulle God sal sorg dat hulle niks oorkom nie. Sommer so lekker - lekker. En hulle sê hulle s'n is net 'n geestelike God en geestelike hemel waarheen hulle gaan en almal sal geeste wees. Dit moet ongetwyfeld seker die ander God en die ander hemel en die ander koninkryk wees as dié wat in die Bybel beskryf word.

Soos reeds in hierdie hele boek uitgewys deur baie getuienisse uit die Bybel, sal die getroue gedeelte van die werklike fisiese twaalf stamme van Israel in die Naam en in die Almag van God die verskriklikste oorloë moet voer teen die magte van die rooidier van Openbaring 13 wat saam met die valse profete sal wees. Hulle sal ook deur die verskriklikste hongersnode en mishandelinge en moorde en in gevangenisse en verdrukkinge en benoudhede as beproewinge moet deurgaan om in die koninkryk in te kom. Net soos die koning self deur mishandelinge en kruisiging in die koninkryk ingegaan het. Paulus het "die siele van die dissipels vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van Yahweh ingaan." Handelinge 14:22.

Lees eers as verdere getuienis die hele Matthéüs 24. In vers 13 en 14 lees ons: "Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies". Die evangelie beteken die ontwyfelbare waarheid van die koninkryk. Die hele Bybel leer ons dat net die volk wat vir die koninkryk geformeer en uitverkies is in die koninkryk sal wees en oor al die ander nasies en volke sal heers; en dit is die ontwyfelbare waarheid van die koninkryk wat aan al die nasies verkondig moet word. Word dit so aan die nasies verkondig? Nee: Die volk bestaan nie meer nie en al die nasies is nou die Koninkryk. En die wat weet dat hulle afstammelinge van die regte volk naamlik die twaalf stamme is, word gehaat. "En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word". Matthéüs 10:22.

Ons leer ook omtrent die koninkryk: "In die middel van die straat en weerskante van die riviere was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies." Openbaring 22:2. As ons dink aan die geestelike hemel: Wat gaan hulle met die vrugte maak? En wat se soort siektes gaan die geeste kry waarvoor hulle die blare sal gebruik as genesing? Maar vir 'n fisiese koninkryk op aarde is dit dood normaal en verstaanbaar.

 

Laaste keer geredigeer: 2005 / Geplaas: 31 Maart 2017